Vryheid Koffie Kompanjie fokus absoluut op top gehalte produkte in elke stap van die proses. Vanaf verpakking, kwaliteit en smaak het ons net die beste bymekaar gevoeg. Geen kortpaaie is aanvaarbaar onder ons vaandel nie en elke klant kan met ‘n geruste hart weet dat hulle die beste ontvang teen die laagste moontlike prys.
Ons produk is eerste gemaak met die liefde van die saak ingedagte, daarom is winsmarges tot op die been gesny en help Vryheid Koffie Kompanjie in nood. Dit is vir ons belangrik om nie op die Afrikaner naam ‘n produk te ontwerp wat net op die naam en voorkoms fokus nie, maar ook werklik die prys werd te wees.
Ons mengsel van koffiebone is afkomstig uit sewe verskillende streke:
Marcala, Honduras – kakao en mout aromas, note van groen drywe en gedroogte vrugte. Ligte suurheid en gematigde liggaamssmaak . Groei hoogte 1350 tot 1600 meter bo seespieël.
Yirgacheffe, Sentraal suid Etiopië – ‘n Gebied in die wêreld wat slegs fokus op koffie. Groei hoogte 1800 tot 2200 meter bo seespieël.
Brasilië – Gekenmerk in ons smaak deur die room gevoel en soetheid op die tong wat dit bring. Groei hoogte 800 tot 1350 meter bo seespieël.
Guatemala – Toasty, maar helder nasmaak. Groei hoogte 1600 tot 1700 meter bo seevlak.
Sipi Falls, Uganda – Die boon vorm die basis van ons koffie. Die smaak is sterk en bitter en is verantwoordelik vir ons sterk smaak met vriendelike donker sjokolade nasmaak. Groei hoogte 1300 tot 2200 meter bo seevlak.
Tanzanië – Bevat die smaak van vars vrugte, veral die van sitrus. Met ondertone van gematigde suurheid. Groei hoogte 1400 tot 2000 meter bo seespieël.
Colombia – Smaak van vrugte en sitrus. Groei hoogte 1200 tot 2000 meter bo seevlak.
Die koffie wat ‘n nasie laat opstaan.
KOPIEREG © 2023 VRYHEID KOFFIE KOMPANJIE. ALLE REGTE VOORBEHOU.